Wir verwenden Cookies, um die Benutzerfreundlichkeit dieser Webseite zu erhöhen (mehr Informationen).

Prof. Dr. Werner Gitt

Hoe kom ek in die Hemel?

Die grundlegende Frage, die suchende Menschen sich stellen, wird hier von Prof. Dr. Werner Gitt beantwortet. "Wie findet man den Himmel?" Auf jeden Fall nicht durch eigene Anstrengungen oder Konzepte. "Was aber bringt uns wirklich in den Himmel?" Gott hat die Einladungen für den Himmel schon verteilt wie im Gleichnis des Menschen, der zu einem großen Fest Einladungen verschickte. Doch viele Menschen redeten sich heraus.

Prof. Dr. Gitt ruft dazu auf, nicht so "kurzsichtig" wie diese Leute zu sein. Jesus will uns vor der Hölle erretten und diese wird kein Vergleich zu der sogenannten "Hölle von Auschwitz" sein. Er hat am Kreuz für unsere Schuld bezahlt, wir müssen diese Einladung nur annehmen, dann ist ein Platz im Himmel "gebucht". Ein Entscheidungsgebet soll den Lesern dabei helfen.

Dieses Traktat eignet sich besonders gut zur Weitergabe an suchende Menschen!

10 Seiten, Best.-Nr. 120-30, Kosten- und Verteilhinweise | Eindruck einer Kontaktadresse


 Hoe kom ek in die Hemel?

Die vraag omtrent die ewigheid word deur baie mense eerder gesystap, selfs deur dié wat wel nadink oor die einde van hul aardse bestaan. So is daar byvoorbeeld Drew Barrymore, ‘n Amerikaanse vrou wat as kinderster ‘n rol vertolk het in die fiksie-film E.T. Sy het as 28-jarige in 2003 gesê: “Sou ek voor my kat te sterwe kom, dan moet julle my as vir die kat gee om te vreet, sodat ek minstens in my kat verder kan lewe.” Wat ‘n verwronge en kortsigtige opvatting omtrent die dood!

Toe Jesus Christus op aarde was, 2000 jaar gelede, was die probleme waarmee mense na Hom gekom het feitlik deurgaans van tydelike, aardse belang:

  • Tien melaatses wou gesond word (Lukas 17:13);
  • Blindes wou graag sien (Matthéüs 9:27);
  • Iemand vra vir bemiddeling in die geskil oor ‘n erfporsie (Lukas 12: 13-14);
  • Fariseërs kom met die strikvraag of aan die keiser belasting betaal moet word (Matthéüs 22:17).

Slegs enkele mense het na Jesus toe gekom om te verneem hoedat mens in die hemel kom. ‘n Ryk man het hom wel opgesoek met die vraag: “Goeie Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?” (Lukas 18:18). En hy kry ook ‘n antwoord, naamlik die opdrag om alles te verkoop waaraan hy verknog was en om dan Jesus na te volg. Maar siende dat hy baie ryk was, kon hy dit nie oor sy hart kry om dié raad te volg nie, en daarmee was ook die hemel vir hom nie beskore nie.

Daar was ook mense wat glad nie aan die hemel gedink het nie, maar deur hul ontmoeting met Jesus daarvan bewus geword het. Sommige van hulle het dadelik die geleentheid aangegryp. Saggéüs was so ‘n man wat Jesus, uit nuuskierigheid, graag wou sien, maar op die ou-end baie meer ontvang het as wat hy verwag het. Met Jesus by hom aan huis vind Saggéüs as’t ware die hemel. Jesus merk op: “Vandag het daar redding vir hierdie huis gekom” (Lukas 19:9).

Hoe vind ‘n mens die Hemel?

Uit voorafgaande lei ons die volgende af:

  • ‘n Mens vind die Hemelse Koninkryk op ‘n de­fi­ni­tiewe tydstip. En dit is goed so, want nou kan ook u, liewe leser, weet dat die ewige lewe wat God aanbied vandag nog deur u toegeëien kan word.
  • Om deel te word van die Hemelse Koninkryk is nie gekoppel aan enige prestasie van my kant nie.
  • Die Hemelse Koninkryk kan ek sonder enige ‘voor­bereiding’ van my kant aanvaar.

Ons eie idees om in die hemel te kom, insoverre dit nie berus op wat God gesê het nie, is bedrieglik. Byvoorbeeld, ‘n pop-sangeres sing in ‘n lied van ‘n afgetrede sirkusnar en sê: “Hy kom seker in die hemel omdat hy so baie mense opgebeur het”. Of, daar is die skatryk man wat ‘n toevlugsoord vir verwaarloosde vroue bou en één vereiste stel vir hul toelating: Die vroue moes elke dag vir ‘n uur lank bid vir die sieleheil van hul weldoener.

Nou, wat bring ons dan wel in die Hemel?

Om hierdie vraag ondubbelsinnig en duidelik te be­ant­woord, het Jesus ‘n verhaal vertel. In Lukas 14:16 lees ons van ‘n man (in hierdie verhaal stel dit God voor) wat ‘n groot feesmaal (‘n voorstelling van die hemel) gereël het. Hierdie man nooi dan ook spesifieke gaste, maar hul reaksies is uiters teleurstellend. Een na die ander kom hulle met taamlik ongeloofwaardige verskonings vorendag: “Ek het ‘n stuk grond gekoop...”; “Ek het vyf span osse gekoop....”; “Ek het onlangs getrou....”. Geeneen kon, of wou, kom nie. Die verhaal eindig dan (Lukas 14:24) met dié opmerking van die gasheer: “Ek sê vir julle dat nie een van daardie manne wat aanvanklik genooi is, my maaltyd sal smaak nie.”

In hierdie verhaal gaan dit daaroor dat ‘n mens die hemel kan wen of verloor. Die bepalende faktor is of ‘n mens God se uitnodiging aanneem of verwerp. Kan mens dit eenvoudiger stel? Waarskynlik nie! Talle men­se sal eendag by die hemel uitgesluit wees, nie omdat hulle die manier om daar te kom nie geken het nie, maar wel omdat hulle nie positief op God se uit­nodiging gereageer het nie – soos die drie persone in Jesus se verhaal. Beteken dit dat die feesmaal daarmee afgelas is en nie deur gaan plaasvind nie? Nooit as te nimmer nie!

Jesus vertel hoedat die gasheer, nadat hy die verskonings van die uitgenooide gaste gekry het, nou uitnodigings oral heen uitstuur. Weliswaar nie meer keurige uit­no­digingskaartjies in goud gedruk nie (ons moderne voorstelling), maar net eenvoudig deur sy diensbodes wat uitroep: “Kom!” En elkeen wat positief reageer op hierdie ruimhartige uitnodiging, is verseker van ‘n plek in die feessaal. En wat gebeur nou? Ja, daar is mense wat kom – soms selfs groot skares. Maar kort voordat die fees sou begin, stel die gasheer vas dat daar nog enkele plekke beskikbaar is en hy stuur weereens sy bodes uit om vir oulaas nog mense te nooi.

Hier wil ek nou die verhaal op ons toepas, want klaar­blyklik vergelyk dit met die situasie vandag. Daar ís nog plek in die hemel en God nooi jou: “Kom en ‘be­spreek’ jou plek in die hemel!” Wees verstandig en neem sommer vandag nog ‘n besluit oor jou ewige bestemming.

Omdat die hemel so onbeskryflik mooi is, vergelyk die Here Jesus dit met ‘n groot fees. In 1 Korinthiërs 2:9 word die volgende gesê: “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie, en wat in die hart van die mens nie opgekom het nie, dit het God gereed ge­maak vir dié wat Hom liefhet.” Gevolglik kan niks op hierdie aarde net naastenby vergelyk met enigiets in die hemel nie. En siende dat die hemel so heerlik is, behoort ons dit mos onder geen omstandighede te verpas nie! Net één Persoon bied egter vir ons die moontlikheid van toegang tot die hemel – Jesus Christus, die Seun van God! En aan Hom is dit te danke dat ons so maklik hierdie toegang kan verkry. Dit hang nog net af van ‘n per­soonlike wilsbesluit. En net wie so kortsigtig is soos die drie manne in die gelykenis, gaan die uitnodiging verontagsaam.

Redding geskied alleenlik deur die Here Jesus

In Handelinge 2:21 lees ons ‘n baie belangrike stelling: “Elkeen wat die Naam van die Here (Jesus) aanroep, sal gered word.” Dis ‘n kernvers in die Nuwe Testament. Later, toe Paulus in gesprek kom met die tronkbewaarder van die gevangenis in Filippi vat hy die boodskap saam met dié woorde: “Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin” (Handelinge 16:31). Hierdie boodskap is wel kort, maar kragtig en le­wens­veranderend, sodat die tronkbewaarder nog daardie nag tot bekering kom.

Daar is nog iets wat ons vir seker moet weet: Dis Jesus se groot begeerte om ons te laat ontkom van die pad na die verderf, die hel. Die Bybel sê dat beide die hemel en die hel ewigdurend is. Net, die een is wonderlik heerlik; die ander verskriklik. ‘n Derde bestemming is daar nie. Vyf minute na sy dood sal niemand meer kan sê: “Met die dood het alles geëindig nie.” En wat bepaal ons eind­bestemming? Één enkele Persoon: Jesus Christus – en ons verhouding tot Hom!

Toe ek enkele jare gelede in Pole op reis was, het ek die vroeëre konsentrasiekamp by Auschwitz besoek. Ver­skriklike tonele het daar gedurende die Tweede Wêreldoorlog afgespeel. Vanaf 1942 tot 1944 is hier meer as 1,6 miljoen mense, hoofsaaklik Jode, vergas en verbrand. In die literatuur word daarna verwys as die ‘Hel van Auschwitz’. Hierdie uitdrukking het my laat nadink terwyl ‘n gids ons gelei het deur een van die gaskamers waar tot 600 mense op ‘n keer gesterf het. ‘n Mens kan jou hierdie wreed­heid skaars voorstel. Maar was dít werklik ‘die hel’? Van­dag kan ons die gaskamers by Auschwitz as be­soe­kers besigtig omdat die verskriklike gebeure aldaar in 1945 beëindig is. Niemand word meer daar gefolter of gedood nie; dit was ‘n verbygaande gebeurtenis. In teenstelling daarmee duur die hel waarvan die Bybel praat vir ewig.

In die voorportaal van die hedendaagse museum val my oog op ‘n tekening van Christus aan die kruis. Een van die gevangenis het sy ganse hoop op die Gekruisig­de met ‘n skerp voorwerp op die muur uitgebeeld. Ook hier­die kunstenaar het in ‘n gaskamer gesterf, maar hy het die Redder, Jesus, geken. Hy het weliswaar, nes sy Ver­losser, op ‘n verskriklike manier aan sy aardse einde gekom, maar vir hom het die hemel oopgegaan. Uit die hel, waarteen die Here Jesus so uitdruklik waarsku (bv. Matthéüs 7:13; 5:29-30; 18:8), is daar egter geen ont­koming of redding meer nie wanneer ‘n mens eers daar aan­ge­land het. Aangesien die hel – in teenstelling met Auschwitz – ewigdurend in bedryf is, kan dit nooit net besigtig word nie.

Maar ook die hemel is ewigdurend en dit is die plek waar God ons graag sou wou hê. Daarom, gee ag op Sy uit­nodiging om in die hemel te kom. Roep die Naam van die Here aan en ‘bespreek’ daarmee u plek in die hemel! Na ‘n voorlesing van my oor hierdie onder­werp, vra ‘n vrou ontsteld: “Kan ‘n mens dan ‘n plek in die hemel bespreek? Dit klink dan so na ‘n reisagentskap!” Ek bevestig weereens: “Wie nie bespreek nie kom nie by sy bestemming nie. Sou u na Hawaii wou reis, word ‘n geldige vliegkaartjie vereis.” Waarop die vrou opmerk: “Ja, maar so ‘n vliegkaartjie moet tog betaal word?!” “Reg”, sê ek, “maar die prys is so hoog dat geen mens dit kan betaal nie. Dit is ons sonde wat die groot struikelblok is. God kan geen sonde in die hemel toelaat nie. Wie na hierdie lewe op aarde die ewigheid by God in die hemel wil deurbring, moet eers van sy sonde verlos word. Hierdie verlossing van sonde kan net deur ‘n sondelose persoon bewerkstellig – en daardie Per­soon is die Here Jesus Christus. Alleenlik Hy kan die skuld betaal! En dit het Hy met Sy bloed gedoen toe Hy aan die kruis gesterf het.”

En wat moet ek nou doen om in die hemel te kom? Eerstens, ek moet begryp dat God se uitnodiging om redding ook vir my persoonlik bedoel is. Verder, die By­bel lê nadruk daarop dat ek moet reageer op God se oproep tot bekering:

  • “Stry hard om in te gaan deur die nou poort...” (Lukas 13:24).
  • “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom!” (Matthéüs 4:17).
  • “Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat tot die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.” (Matthéüs 7:13-14).
  • “...gryp na die ewige lewe, waartoe jy ook geroep is...” (1 Timothéüs 6:12).
  • “Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word...” (Handelinge 16:31).

Uit hierdie (en ander) Skrifgedeeltes herken ‘n mens onmiskenbaar die erns en die dringendheid van God se uitnodiging om te deel in Sy hemelryk. Dit sal net logies wees om op so ‘n uitnodiging te reageer met ‘n gebed, naastenby soos die voorbeeld hieronder:

“Here Jesus, ek het vandag gelees dat ek alleenlik deur U in die hemel kan kom, en ek sal graag eendag by U in die hemel wil wees. Daarom smeek ek dat U my sal red van die hel, waar ek eintlik hoort as gevolg van my sondeskuld. Ek glo dat U uit liefde, ook vir my, aan die kruis gesterf het en sodoende die straf vir my sonde op U ge­neem het. U ken al my sondes, reeds vanaf my vroegste jeug – dié waarvan ek bewus is, maar ook dié wat ek reeds vergeet het. U ken my deur en deur. In die son­dige toe­stand wat ek nou is, is ek nie geskik vir die hemel nie. Daarom bid ek dat U al my sondes sal vergewe – ek het waar­lik berou daaroor. Here Jesus, kom nou in my lewe en vernuwe dit. Help my om alles af te lê wat in U oë on­aanvaarbaar is en gee my ‘n nuwe natuur wat U tot eer sal strek. Open vir my die toegang tot U Woord, die Bybel. Help my om te verstaan wat U daardeur vir my wil sê en gee my ‘n gehoorsame hart, sodat ek dít sal doen wat U verlang. Van nou af moet U my HEER wees. Ek wil u volg; wys my die pad aan wat ek moet gaan ten opsigte van elke faset van my lewe. Baie dankie, Here, dat U my verhoor het, dat ek nou ‘n kind van God mag wees, en dat ek eendag by U in die hemel sal wees. Amen.”

Prof. Dr. Werner Gitt